Tutorsentrum vir Impaq leerders
Ons is ‘n tutorsentrum waar onderrigondersteuning op ‘n professionele, gestruktureerde en aanpasbare wyse in Afrikaans aangebied word. Na jare se ondervinding in die onderwys het ons besef dat hoofstroomonderrig, om verskeie redes, nie aan alle kinders se behoeftes voldoen nie. Ons verwelkom leerders met uiteenlopende en unieke talente, vaardighede en uitdagings. Ons doelwit is om elke kind te laat tuis voel, sy of haar unieke bydrae te respekteer en hul ontwikkeling aan te help sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik.
​
Ons doel
Ons is van mening dat, met die regte benadering, leiding en 'n hart vir kinders kan elke kind sy/haar volle potensiaal behaal.
Terwyl akademiese hulp ons hooffokus is, skep ons ook geleenthede vir die ontwikkeling van kinders se sosiale, emosionele en geestelike ontwikkeling.
Kurrikulum
Graad 4 tot 12
Ons maak hoofsaaklik gebruik van Impaq as kurrikulumverskaffer. Ons bied wel leiding en ondersteuning aan leerders wat Think Digital of GED (Amerikaanse kurrikulum) volg.
Vakke wat ons aanbied
Gr 4 - 9
Ons bied alle vakke aan vir die Intermediëre en Senior fase. Ons het wel addisonele periodes vir Bybel, verryking (leermetodes, nuus, ens), tafel- en speltoetse, kuns en LO prakties.
​
Gr 10 - 12
-Afrikaans (Huistaal en Eerste Addisioneel)
- Engels (Home Language and First Additional)
- Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
- Lewensoriëntering
​
Keusevakke:
- Fisiese Wetenskap
- Lewenswetenskappe
- IGO/EGD
- Rekenaarstudie (RTT/CAT)
- Toerisme
- Geskiedenis
- Ekonomie
- Gasvryheidstudie
- Visuele kunste
-Geografie
- Landboubestuur
​
​
​
Ander Aktiwiteite
​
Ons glo in 'n holistiese benadering as dit kom by kinderontwikkeling en skep dus geleenthede vir leerders om deel te neem aan sosiale- en buitemuurse aktiwiteite.
​
Ons gaan jaarliks op 'n kamp en kwartaaliks op 'n uitstappie. Ons bied bystand aan ouers wat hul kinders by sportgroepe wil laat inskakel.